Ons entoesiastiese en energieke span word gelei deur Elselina Fusch, wat reeds sedert 2005 as kleuterskool onderwyseres, en sedert 2006 as die stigter van Pret op die Plaas, betrokke is by die vorming van kinders naby aan die natuur.
Elselina het die voordeel gehad om haar betroubare assistente oor tyd in die fynere kunsies groot te kon maak en voor te berei vir Pret op die Plaas Kleuterskool.
Elselina is die skoolhoof van Pret op die Plaas waar Grethe Bekker, Jacobie Cronje, Stella Louw en Michelle Deacon die ander onderwyseresse by Pret op die Plaas is.