Welkom by
Pret op die Plaas.

Dit is ons passie om voorskoolse kinders in hul totaliteit te ontwikkel deur primêr op speel te fokus, deur dit naby aan die natuur te doen en deur alle sintuie van ‘n kind te gebruik.

Die Span

Ons entoesiastiese en energieke span word gelei deur Elselina Fusch, wat reeds sedert 2005 as kleuterskool onderwyseres, en sedert 2006 as die stigter van Pret op die Plaas, betrokke is by die vorming van kinders naby aan die natuur.

Die Skool

Wat ‘n voorreg om hierdie skool te kon staanmaak op die Blaauwklippen Pad, langs die Blouklip rivier! Hier speel ons op weeksdae saam in ons ruim klasse en op ons natuurlike speelgrond, wat alles en nog wat insluit!

Winkel / Partytjies

Ons sentrale skuur, kombuis en speelarea word op beperkte basis beskikbaar gestel vir partytjies of byeenkomste. Dit sluit nie gebruik van ons fietsies en los speelgoed in nie, maar wel die statiese speeltoerusting. Kom geniet 'n onvergeetlike partytjie!

Ons Doelwit

Ons doelwit is dus om vir elke kind die veilige ruimte te skep om op ‘n ontspanne manier, so na aan die natuur as moontlik onderrig te word, deur te speel terwyl die grondslag gelê word vir formele onderrig en Graad 1.Ons sien daarna uit om elke dag ‘n verskil te maak in jou kind se lewe, hom / haar te koester en met ons unieke benadering so by dra tot sy / haar vormingsjare.

Wil jy graag aansoek doen?

‘n Nie-terugbetaalbare registrasiefooi van R1500 is betaalbaar op versoek en sodra u kind se plek bevestig is.

Kontak ons

Adres
Chardonne Plaas, Blaauwklippen Weg, Stellenbosch

Telefoon
073 509 9354