Ons is passievol daaroor om voorskoolse kinders in hul geheel te ontwikkel deur klem te plaas op speel. Ons glo kinders leer die beste na aan die natuur en só word al die sintuie ook ontwikkel. Kinders ontwikkel ten beste wanneer hul lyfies ontspanne en hul emosionele tenkies vol is.
Ons doel is om daagliks ‘n verskil te maak in elke kind se lewe, hulle te koester en met ons unieke benadering by te dra tot hul vormingsjare.
Die Span
Ons entoesiastiese en energieke span word gelei deur Elselina Fusch, wat reeds sedert 2005 as kleuterskool onderwyseres, en sedert 2006 as die stigter van Pret op die Plaas, betrokke is by die vorming van kinders naby aan die natuur.
Wat ‘n voorreg om hierdie skool te kon staanmaak op die gronde van die ou Grappa Shed in die nuwe ontwikkeling Newinbosch! Hier speel ons op weeksdae saam tussen 09:00 en 12:00 (toesig van 07:30 tot 13:30) in ons ruim klasse en op ons natuurlike speelgrond.
Ons doelwit is dus om vir elke kind die veilige ruimte te skep om op ‘n ontspanne manier, so na aan die natuur as moontlik onderrig te word, deur te speel terwyl die grondslag gelê word vir formele onderrig en Graad 1.Ons sien daarna uit om elke dag ‘n verskil te maak in jou kind se lewe, hom / haar te koester en met ons unieke benadering so by dra tot sy / haar vormingsjare.
‘n Nie-terugbetaalbare registrasiefooi van R1500 is betaalbaar op versoek en sodra u kind se plek bevestig is.