Newinbosch school

DIE SKOOL

Wat ‘n voorreg om hierdie skool te kon staanmaak in die nuwe ontwikkeling Newinbosch!

Hier raak ons speel-speel slim! Ons het pragtige ruim klaskamers en ‘n ongelooflike speelarea wat onder andere ‘n modderkombuis en ‘n fietsiebaan insluit.

Skoolure vir 2025 is as volg:

Opsie 1 – Halfdag: Skoolbywoning
– Maandae tot Vrydae 07:30 tot 13:30 (gestruktureerde aktiwiteite 09:00 tot 12:00)

 

Opsie 2 – Voldag: Skoolbywoning en Nasorg
Maandag tot Donderdag 07:30 tot 17:00 (gestruktureerde aktiwiteite 09:00 tot 12:00)

– Vrydae 07:30 tot 15:30 (gestruktureerde aktiwiteite 09:00 tot 12:00) 

 

Let asseblief op die volgende:

  • Middagetes is uitgesluit en elke ouer is verantwoordelik vir hul kind se eie gesonde kospakkie. 
  • Nasorg is slegs beskikbaar vir Pret op die Plaas Newinbosch leerders.

 

Pret op die Plaas Newinbosch is slegs oop gedurende WKOD skoolkwartale

News from Pret op die Plaas Newinbosch
News from Pret op die Plaas Newinbosch

Partytjies en huur van perseel:

Ons sentrale gebou, kombuis en speelarea word op beperkte basis beskikbaar gestel vir partytjies of byeenkomste. Dit sluit nie gebruik van ons fietsies en los speelgoed in nie, maar wel die statiese speeltoerusting.

Tydgleuwe beskikbaar en kostes
Saterdae 10:00 tot 12:00 en 14:00 tot 16:00
– R1750 per tydgleuf

Die terrein sal 45 minute voor die tyd oopgesluit word vir die partytjie voorbereiding om plaas te vind. Geen alkohol word toegelaat op die perseel tydens partytjies nie.

Deposito van R500 word vereis binne 2 dae na faktuur uitgereik word om bespreking te bevestig. Indien tydgleuwe verleng wil word is dit onderhewig aan beskikbaarheid en addisionele koste sal geld.

Wat word ingesluit by die tarief en bespreking
Lang hout tafels (op kinders se hoogte)
Stoeltjies
Een lang kamp tafels (op normale hoogte)
Kombuis met klein yskas en stoof
– Gebruik van fietsrybaan*, modderkombuis, speelterrein
– Basiese skoonmaak en opruim na die partytjie

*Bring asseblief eie fietsies vir die fietsrybaan

Hoe om navraag te doen om bespreking te maak:
Om navraag te doen oor beskikbare datums of om besprekings te maak, kontak asseblief newinbosch@pretopdieplaas.co.za. Daarna sal ‘n faktuur gestuur word, met die deposito van R500 wat binne 2 dae betaal moet word om die bespreking te bevestig.