Doen aansoek by Pret op die Plaas Newinbosch

DOEN AANSOEK

Dankie vir jou belangstelling in Pret op die Plaas Newinbosch vir die ontwikkeling van jou kind.

REGISTRASIEGELDE 2025

‘n Nie-terugbetaalbare registrasiefooi van R1500 is betaalbaar op versoek en sodra u kind se plek bevestig is. Hierdie registrasiefooi is slegs van toepassing op nuwe aansoeke van kinders wat nie voorheen by Pret op die Plaas ingeskryf was nie. 

SKOOLGELDE 2025

Skoolfonds per kwartaal in 2025 sal as volg wees:

Opsie 1 – Halfdag: Slegs skoolbywoning

Drie dae per week: (Slegs skool) R 8 030
Vier dae per week:  (Slegs skool) R10 190
Vyf dae per week:   (Slegs skool) R12 040

Opsie 2 – Voldag: Skoolbywoning en Nasorg

Drie dae per week (Skool + Nasorg) R10 910
Vier dae per week (Skool + Nasorg) R14 040
Vyf dae per week (Skool + Nasorg) R16 850

Skoolfonds is vooruitbetaalbaar per kwartaal, en is verskuldig voor / in die eerste week van elke kwartaal.

Indien u sou verkies om skoolfonds eenmalig op ‘n jaarlikse basis te betaal, sal ‘n 5% korting toegestaan word sleg indien u in Januarie betaal. ‘n Maandelikse opsie is ook beskikbaar, op die voorwaarde dat ‘n elektroniese debietordermandaat ten gunste van Pret op die Plaas afgeteken word, met betalings wat op die 7de van elke maand sal geskied vanaf 7 Februarie tot 7 Desember. Dui asseblief op u aansoekvorm aan indien u hetsy die jaarlikse of maandelikse opsie wil volg.

Indien u om enige rede sou besluit om u kind uit die skool te onttrek voor die einde van ‘n normale skooljaar, word ‘n een maand kennisgewing vereis voor die einde van ‘n betrokke kwartaal. Die betrokke kwartaal se skoolfonds wat reeds betaal is, sal nie pro-rata terugbetaal word nie.

Let verder daarop dat hierdie skoolgelde slegs bywoning van die skool dek vir die aantal dae per week soos gespesifiseer gedurende normale skoolkwartale soos deur die skool uitgereik en wat so ver moontlik met die WKOD se kwartale belyn sal word.