‘n Verskeidenheid van items is beskikbaar teen baie bekostigbare pryse, doen gerus navraag by die skool. Sien gerus die foto’s op hierdie blad vir voorbeelde. Sien ook hieronder vir meer inligting oor die huur van ons perseel vir partytjies en ook vir ‘n middagprogram wat aangebied word.
Ons sentrale skuur, kombuis en speelarea word op beperkte basis beskikbaar gestel vir partytjies of byeenkomste. Dit sluit nie gebruik van ons fietsies en los speelgoed in nie, maar wel die statiese speeltoerusting.
Tydgleuwe beskikbaar (indien nie reeds bespreek nie)
Die terrein sal 45 minute voor die tyd oopgesluit word vir die partytjie voorbereiding om plaas te vind. Geen alkohol word toegelaat op die perseel tydens partytjies nie.
Tarief
Maandae en Woensdae R1 250 per tydgleuf
Vrydae R1 500 per tydgleuf
Saterdae R2 000 per tydgleuf
Deposito van R500 word vereis binne 2 dae na faktuur uitgereik word om bespreking te bevestig. Indien tydgleuwe verleng wil word is dit onderhewig aan beskikbaarheid en addisionele koste sal geld.
Wat word ingesluit by die tarief en bespreking
*Bring asseblief eie fietsies vir die fietsrybaan
Hoe om navraag te doen om bespreking te maak
Om navraag te doen oor beskikbare datums of om besprekings te maak, kontak asseblief admin@pretopdieplaas.co.za. Daarna sal ‘n faktuur gestuur word, met die deposito van R500 wat binne 2 dae betaal moet word om die bespreking te bevestig.
Donderdagmiddae gedurende skoolkwartale, vanaf 13:00 tot 16:30, word ‘n middagprogram teen ‘n koste van R2 050 per kwartaal aangebied.
‘n Ligte middagete en verversings word voorsien, en verskeie aktiwiteite soos bak en brou, eksperimente en tonne pret word gebied.
Vir meer inligting kontak admin@pretopdieplaas.co.za.